Daar is kuilvoer seile, en dan is daar kuilvoer seile, maar wie se produk is tops en watter seile werk die beste in die inkuilings proses?
Trunel Bags verstaan dat met korrekte en sterk kuilvoer seile tot jou beskikking jy die gehalte van jou kuilvoer hoog kan hou en daarmee jou voerkostes en voerverliese op jou plaas kan verminder en in die algeheel die prestasie van jou diere kan verbeter. Daarom verskaf ons kwalitiet kuilvoer-bedekkingsmateriaal wat nie die bank breek nie en eintlik besparings meebring.
Dié gehalte kuilvoer seile is noodsaaklik in die inkuilings proses en bring verskeie besparing mee indien dit korrek gebruik word.
Om lesers nuut tot die industrie of gebruik van kuilvoer net op te hoogte te bring, kuilvoer is gepreserveerde hoe-voginhoud voer opgemaak uit gewasse wat aan vee gevoer word. Kuilvoer word na ‘n oes opgekap, opgeberg in ‘n bunker of silo, vasgetrap en daarna so spoedig moontlik bedek en geseel met plastiek kuilvoer seileom die gistings proses aan te wakker en te stabiliseer.
Die eerste deel van die kuilvoermaak proses is die aerobiese fase waarin aktiwiteite soos gisting aangewakker word deur respirasie agv van die suurstof in die voer en dit is met die fase wat lug dan so spoedig moontlik uitgeskakel moet word om te voorkom dat die kuilvoer verrot.
Soos die kuilvoer gis, verlaag die pH in die voer en sodra dit ‘n stabiele fase bereik, word die voer bedek en lugdig gemaak met goeie gehalte UV bestande kuilvoer seile, soos ons sin, wat met voorwerpe soos bande vasgehou word om reen en lug uit te hou, ‘n laag grond word ook soms gebruik.
Die hele proses kan tot 2 weke neem en ‘n sleutel produk in die middel van dit alles is gehalte kuilvoer seile.
Die gehalte van goeie kuilvoer word ook bepaal in daaropvolgende prosesse soos die uithaal en voerproses.
Die hoofrol van die kuilvoer seil is om suurstofindringing te versper en sonlig op die voer uit te skakel. Trunel verskaf twee tipe seile vir die doeleindes, ons normale swart kuilvoer seil 8x50m(150 microns) en ons swart en wit kuilvoer seil, 16 -50m(250 microns). In warmer areas van die land is wit seile verkieslik oor dit die hitte op die kuilvoer verminder.
Ons kuilvoer seile is maklik hanteerbaar en help jou om die gehalte van jou voer hoog te hou deur te verhoed dat verroting op jou boonste laag kuilvoer plaasvind, mits inkuiling reg hanteer word.
Deur te spaar en swak gehalte kuilvoer seile aan te skaf kan verreikende gevolge hê vir die boer en sy diere. Kuilvoer wat ‘n verrote laag het kan nadelig wees vir jou diere wat die verrotte laag inkry aangesien dit moontlike mitotoksiene kan bevat, wat die diere dan ook inneem.
Stel jy belang in meer informasie oor die inkuilingsproses, hou gerus die
Landbou Weekblad dop.
Gesels gerus met ons oor jou kuilvoer seil behoeftes deur ons te skakel of ‘n epos aan ons te stuur. Vir ons kontakbesonderhede klik asb op dié skakel.